Vrydag, 2 Augustus 2019, het HTS JV aan die Noord-Gauteng uitdunne van die World Robotic Olympiad Suid-Afrika, Explorer kategorie, deelgeneem.  Hierdie kompetisie is slegs vir leerders met een jaar robotika ervaring.  Daar het 18 spanne vir die kompetisie ingeskryf.  Ons het met vyf spanne deelgeneem en het een silwer toekenning en drie brons toekennings ontvang.

 Die volgende leerders het deelgeneem:

  • Jomi Buys
  • Ajanke Joubert
  • Johan Du Toit
  • Eckardt Riekert
  • Ethan Smith
  • Tinus Booysen
  • Conrad Strauss
  • Damian Silvey
  • Johan Norman
  • Marko de Swardt

 

Saterdag, 3 Augustus 2019, het HTS JV aan die Noord Gauteng World Robotic Olympiad deelgeneem.  Ons neem deel in twee kategorieë naamlik, Junior High en Senior High.  In die Junior High kategorie het ons net een span ingeskryf.  Vaughn Du Preez, Nico Viljoen en Riaan Coetzee behaal ‘n derde plek in hierdie kategorie.  Ons wag nou vir die Gauteng plasings om te sien of hul uitgenooi gaan word vir die SA-kampioenskappe wat op 28 September 2019 plaasvind.

In die Senior High-kategorie neem ons teen 20 ander spanne deel.  Vier spanne verteenwoordig HTS JV in hierdie kategorie.  Zander Bezuidenhout en Coenraad Slabber behaal ‘n derde plek in die Senior afdeling. 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Die volgende leerders vaar ook goed deur punte op die bord te plaas. Ons wag nou vir die Gauteng plasings om te sien of hul uitgenooi gaan word vir die SA-kampioenskappe wat op 28 September 2019 plaasvind.

  • Heinrich Du Plessis
  • Hanro Herbst
  • Nathan Yates
  • Nico Schultz
  • Riaan Theron
  • Berno Van Greunen