Pierre van der Merwe in graad 8H verwerf ‘n A++ (95%) sertifikaat by die arts@sussex kunstefees vir Klassieke sang graad 6.

Zaylee-Ann Olwage in graad 8H dring deur na die Nasionale Finaal van die Radikale Redenaars vir Afrikaans Huistaal, wat sal plaasvind op 12 Oktober 2019 te Laerskool Constantiapark. Ons is baie trots op hierdie raakprater van HTS John Vorster!!

Pierre van der Merwe verwerf drie A+-sertifikate en een A-sertifikaat in die afdeling Vokaal Senior by die Pretoria Eisteddfod.

Lané Smit en Zaylee-Ann Olwage verwerf albei twee A+ -sertifikate by die Radikale Redenaars.

Cobus van Wyk behaal ‘n A+-sertifikaat en ‘n A++-sertifikaat vir Populêre musiek, Instrumentaal Saxofoon by die Pretoria Eisteddfod.