Ons Jukskei o/16 A-span is Noordvaal kampioene! Ruben De Swardt is aangewys as speler van die toernooi en ontvang ‘n goue medalje.  Baie geluk aan die spelers en baie dankie ook aan hul afrigter Marius de Swart!

Evan Prinsloo en Lemar Janse van Rensburg is in die o/16 seuns Gauteng Noord Junior span opgeneem. Hulle is deel van die span wat aan die Gauteng Junior Ope Toernooi gaan deelneem wat op 12 Oktober in Boksburg plaasvind.