Op 9 Mei het HTS John Vorster ‘n glansryke skouspel aangebied saam met die gewilde sangeres, Eunice Kemp. Optredes van reg oor die Moot het ingesluit sangitems, orkesmusiek, dramastukke, kooroptredes, gimnastiek, revues asook klavier en trompet uit HTS John Vorster, Oos-Moot, Villieria, Boerefort, Voorpos en Die Poort. Gaskunstenaars het ingesluit Anri van Greunen, Marcel Dednam en Bianca du Plessis. Die radio-oproeper, Phil Loots, het as seremoniemeester opgetree en uiteindelik aan Marizel Brits haar R2000 toegeken as Glansfees-wenner! Wat ‘n puik aand met bobaas vermaak op die planke!

Baie dankie aan elkeen wat ‘n aandeel aan die aand se sukses gehad het.