SPORTFIT

Me Corni van der Merwe

Me Corni van der Merwe

Biokinetikus

cornivdmerwe@gmail.com

079 696 1201

http://www.sport-fit.co.za

By die SportFit sentrum word daar op die individu gefokus. Ons spesialiseer in lewensveranderende fiksheids- en leefstylprogramme en ons gespesialiseerde programme soos CycleFit, UltraFit, TriFit, RugbyFit en HousewiveFit is pasgemaakte programme wat doelwitgerig is en aangepas word om in die individu se spesifieke behoeftes te voorsien. Die individu word gereeld getoets en programaanpassings word voortdurend gemaak om optimale resultate te verseker.

SportFit voorsien in die gesondheidsbehoeftes van ‘n wye teikenmark insluitende kinders (vanaf 12 jarige ouderdom), fiksheidsfanatikuste, professionele sportmanne en vroue en pensioenarisse.

‘n Gekwalifiseerde biokinetikus, Corni van der Merwe verskaf die volgende biokinetiese dienste:

  • spinale rehabilitasie (postuur, lae rugpyn, post-operatiewe rehabilitasie)
  • heup, knie en skouer rehabilitasie
  • sportbeserings
  • binnenshuise fietsry (pedalthons)
  • kondisionering (SportFit was die trotse kondisioneringsafriger van die Dowe Rugby Span wat in 2016 teen Wallis deelgeneem het).
  • drie-kamp afrigting (SportFit ondersteun Ysterman 70.3 en Ysterman Atlete).
  • SportFit is ook trots op die al ons lede wat die Comrades Marathon voltooi het.