SKAAK

Me Charisma Botes

Me Charisma Botes

Skaakkoördineerder

sport@htsjv.co.za

012 322 1760/1/2

Skaak is die sport wat die ontwikkeling van beide die regterbrein (kreatiewe denke), sowel as die linkerbrein (logiese denke) bevorder. Dit bevorder ook ‘n persoon se konsentrasie-vermoë en kreatiewe probleemoplossingsvaardighede.

Twee van HTS John Vorster se skaakspanne het hulle speelvernuf bewys gedurende die distrik liga en het deurgedring na die distrik finale.

 

 

Meer oor skaak

Die legende rakende die ontstaan van skaak het sowat 1500 jaar gelede ontstaan en lui as volg:   ‘n Heerser oor Indië het vir sy raadgewers gevra om ‘n speletjie te ontwerp met die doel om soldate te leer om nie net te veg in die oorlog nie, maar ook om te dink oor hoe hulle die vyand gaan uitoorlê. Een van sy wyse manne het Skaak aan hom voorgelê. Die heerser was beïndruk, so veel so, dat hy die wyse man ‘n beloning van sy keuse sou gee. Die man, ‘n wiskundige, het iets eenvoudig gevra;  vir  ‘n ryskorrel in die eerste blok en dan om dit te verdubbel op elk van die opeenvolgende blokke.

Die heerser wou die eenvoudige versoek met graagde aan hierdie wyse man toestaan. Die heerser het wel vinnig agter gekom dat dit ‘n onmoonlike taak sou wees.  Dit werk uit op  264  ~18,446,744,070,000,000,000 ryskorrels.

Hierdie eksponensiële groei sou beteken die heerser sou 210 biljoen ton rys moes opdok. Dit word beweer dat soveel rys die hele land van Indië onder  ‘n meter dik rys sou bedek.

Gedurende die Tweede Wêreldoorlog, was van die top Skaakspelers ook kode brekers. Britse meesters Harry Golombek, Stuart Milner-Barry en H. O’D Alexander was in die span wat die Nazi Enigma kode gebreek het.