Rugby

Mnr Martin Steyn

Mnr Martin Steyn

Rugbykoördineerder

sport@htsjv.co.za

012 322 1760/1/2 & 332 3701/2

HTS John Vorster het al die jare in die boonste Noord-Transvaalse rugby-skoleliga deel geneem. Dit was die jare waar liga-uitdunne in Pretoria volgens  sterkte gegroepeer was.  In daardie tydperk was JVs, soos vandag nog,  deel van die boonste groepering wat bekend was as die A-bond skole. In die tyd van die bondeliga het skole van bond verskuif na gelang die prestasie op jaarlikse basis. Vandag neem JVs steeds deel  aan die A-Bond, maar dit staan bekend as die Makro-skoleliga, wat bestaan  uit net  die sterkste, uitgesoekte skole in Pretoria.

 

Die skool beskik oor vier rugbyvelde, waarvan die A- en B-velde oor uitstekende spreiligte beskik. Langs die A-veld is daar ‘n groot staalpaviljoen met kleedkamers en ‘n volledige snoepie. Verder beskik die rugby oor al die nodige oefenapparaat wat ten volle benut word. Daar is ook ‘n volledige gymnasium op die terrein, en ‘n biokinetikus.

 

In 1974 wen JVs se eertespan die destydse Administrateursbeker wat later in die 90’s, die naam Direkteurstrofee , later was dit die Beeldtrofee en dit staan vandag bekend as die Virseker Beker. In die jaar 2000 speel JVs se eerstespan vir  ‘n tweede keer in die eindstryd  maar die keer  om  die huidige Beeldtrofee. Met ‘n naelskraapse telling wen JVs die silwer medalje op ons tuisveld teen Hoërskool Ermelo. Springbok Jacques Cronjé, was in die wedstryd die JV-kaptein en ook die enigste speler uit al Pretoria se bekendste rugbyskole,  wat vir die SA-skolespan in 2000 gekies word.

 

Vele  Noord-Transvaal/Bloubul/Cravenweek-spelers  EN  Curriebeker-spelers  word  deur die jare deur HTS John Vorster opgelewer naamlik:

 

  • Gys Pitzer
  • Louis Van Rensburg
  • Koot Nieuwhoudt
  • Die Williamson-Broers (Andrew En Raymond)
  • Angelo Van Rensburg
  • Hennie Harding
  • Die Cronje-Broers (Jacques En Geo)
  • Joe Beukes
  • Henkie Schutte
  • Johan Bester
  • Tian Schoeman

 

 ………om net ‘n paar te noem.

 

In die 1996 Cravenweek finaal druk Angelo van Rensburg en Hennie Harding saam die wen drie vir die Blou Bulle in die finaal teen die Westelike Provinsie.

 

JVs lewer ook die volgende Springbokke op:

 

  • Gys Pitzer Springbokhaker in die 70s
  • Jacques En Geo Cronjé 2005 -2010
  • Tian Schoeman speel huidiglik vir die Bulls superrugby en was ook opgeneem in die “Einde van die jaar Europese Springboktoerspan in 2016”. Hy is ook onlangs  vereer as die beste losskakel uit die Moot, sedert die legendariese Noord-Transvaal en Springbokkaptein/losskakel Naas Botha.           

 

Die skool maak gebruik van kundige buite-afrigters om die skool se eie onderwysers tot hulp te wees.