NETBAL

Me Anél De Beer

Me Anél De Beer

Netbalkoördineerder

sport@htsjv.co.za

012 322 1760/1/2

Het u gedink omdat HTS John Vorster baie jong manne het, is hier nie dogters nie? Dink weer!  Die netbal is al vir meer as ‘n dekade deel van HTS John Vorster se sport.  JV-dogters toon egte JV-veggees op die baan. Ons neem in die Daisy-liga van die distrik deel.   In die D3-skoleliga, hoef JVs vir geen ander skool terug te staan nie en kompeteer ons graag met verskeie ander skole se A-netbalspanne.

JV-Netbal spog vir ‘n tweede agtereenvolgende jaar met vier netbalspanne.  Hier word harde werk in die ontwikkeling van elke dogter ingesit.  Al die JV-dogters is welkom om by die netbal aan te sluit.  Al het jy nog nooit netbal gespeel nie, is dit by dié familie waar jy geleer word.  Daar is baie toewyding en motivering wat deur bekwame en dinamiese afrigters getoon word.

 

HTS John Vorster spog met twee netbalbane reg langs die lapa wat vir ‘n unieke uitsig sorg oor die hele Pretoria.  Toeskouers kan gemaklik na die netbal kom kyk.  Van die D-veld se kant af, is ‘n unieke uitsig en ouers kan heerlik sit en netbal kyk en terselftertyd die unieke JV-atmosfeer ervaar.

 

JV-Netbal het reeds vanweë harde werk en ontwikkeling in die spelers se vaardighede, verskeie prestasies behaal.

In 2010 het ons ons eerste Provinsiale Netbalspeler opgelewer.  Mpho Chauke het die Gauteng-netbal se o/15-span gehaal en haar skool supertrots gemaak.

In 2012 wen ons die distrikliga.  JV-Netbal se uniekheid is juis dat ons ons dogters werklik afrig en ontwikkel.  Daarom is ons supertrots op hierdie dogters se prestasies. JV-Netbal is ook in 2012 as die skool se aktiwiteit van die jaar aangewys.

In 2014 en 2016 het JV-Netbal tweede in die distrikliga geëindig en ons doelwit elke jaar is natuurlik om die eerste plek te behaal.  Hou die spasie dop!

 

Afrigters vir 2017 is as volg:

  • o/14 A – B du Plessis
  • o/15 A – Dowd
  • Tweede span – M Joubert
  • Eerstespan – Anél de Beer