KRIEKET

Mnr Peet vd Westhuizen

Mnr Peet vd Westhuizen

Krieketkoördineerder

peet.vdw@htsjv.co.za

012 332 1760/1/2 & 332 3701/2

Omdat krieket by HTS John Vorster ons baie na aan die hart lê, bedryf ons krieket reg deur die jaar. Gedurende die eerste kwartaal neem ons met ons drie A-spanne deel aan die Buurmanskapliga.

 

In kwartaal drie en vier neem ons aan die Titans se liga deel. Ons Eerstespan speel op Saterdae 50-beurtwedstryde. Die O/14 A- en O/15  speel gedurende die week ook 50-beurtwedstryde terwyl die res van die spanne 20-beurtwedstryde speel. Ons kan spog met ‘n groot aantal seuns wat krieket speel met nie minder nie as 8 spanne wat aan formele ligas deelneem.

 

‘n Groot hoogtepunt en eer vir elke JV-krieketspeler en  ook vir die buurskole is om vir die middag-aandspan gekies te word. Die liga vind gedurende die vierde kwartaal plaas en ons en drie van ons buurskole neem aan die aandreeks deel.

 

Vir ons as afrigters is krieketafrigting ‘n passie en ‘n manier van lewe. Ongeag of dit ‘n B-span of die Eerstespan is, doen ons dit met die selfde toewyding. Behalwe dat ons verskeie vlak twee gekwalifiseerde afrigters het is die entoesiasme ‘n uitstaande kenmerk van al ons afrigters.

 

Ons krieketfasiliteite is van hoogstaande gehalte. Dit behels oefengeriewe aan vyf spanne wat gelyktydig kan oefen. Ons het ‘n baie goeie turfkolfblad met uitstekende spreiligte sodat daar in die aand krieket gespeel kan word. Verder beskik ons al die nodige toerusting wat ons bekwame afrigters in staat stel om professioneel af te rig.

 

Die JV-krieketspan het reeds by 3 geleenthede die krieketaandreeks gewen.

 

Ons speel krieket gedurende die eerste en derde kwartaal van die jaar. Die meeste ligas eindig gewoonlik eers in die vierde kwartaal. Ons spanne onderneem gewoonlik ‘n kriekettoer gedurende die Junie/Julie skoolvakansie. Onder ons bekwame afrigters is daar in die afseisoen individuele afrigting waarin daar aan kolf- en boultegnieke geskaaf word.

Dan speel ons 1ste Span, O/14 en O/15 spanne in 2018 weer in die B-afdeling van die Platinumliga van die Northerns Cricket Union.

Ons spog ook dan met ons 1ste span wat die C-afdeling in 2017 gewen het onder leiding van Mnr Jurg Swart en Mnr Francois Avenant.

Die 1 B Krieket span  het hul 2e Liga op Maandae in 2017 gewen  (onoorwonne) het onder leiding van Mnr Peet vd Westhuizen en Mnr Trevor Smith

Die O/14 A het hulle liga in die C-afdeling in 2017 gewen (onoorwonne) het onder leiding van Mnr Vian Steynen en Mnr Phillip Klopper

Die O/15 A het 2de gekom in die C-afdeling in 2017 onder leiding van Mnr Martin Steyn