JUKSKEI

Mnr James Wheeler

Mnr James Wheeler

Jukskeikoördineerder

jamesandester@gmail.com

012 332 1760/1/2 & 332 3701/2

Jukskei is die oudste sport in Suid-Afrika. Van Voortrekkers tot moderne jeug speel hierdie spel van vernuf en breinkrag. Om jukskei te speel moet n speler goeie hand-oog-koördinasie hê om die skei akkuraat te kan gooi, asook ‘n wakker verstand om by te bly, wanneer die punte op bars staan.

HTS John Vorster beskik oor vier jukskeibane. Elke baan het twee sandputte. Daar is vier spelers in ‘n span en twee spanne ding mee op een baan. Met ander woorde, HTS John Vorster kan 32 spelers huisves wat ‘n wedstryd wil speel. Skeie en penne word deur die skool voorsien vir oefeninge en wedstryde. Behalwe vir die spelers wat hul eie skeie wil aankoop, is daar amper geen koste verbonde aan leerders wat wil speel nie.

Ligawedstryde vind plaas op Gauteng-Noord se velde te 18de Laan in die Moot. Die spelers is self verantwoordelik vir vervoer na en van die bane.

Vanaf 2014 tot einde 2016 het die getal leerders wat jukskei speel gegroei van 26 tot 44 spelers. Gedurende die 2016-seisoen het HTS John Vorster die trofee verower vir die skool met die meeste ligapunte. Ons het hierdie prestasie die laaste keer  in 1997 behaal.

Gedurende die ligawedstryde het ons spanne twee goud-, een silwer- en twee bronsmedaljes verower. In die 2016 seisoen het Johan van der Walt (ons eerstespankaptein) ook Gauteng-Noord se O 19A- span verteenwoordig. Hy het ook die sportman van die jaar toekenning by HTS John Vorster in 2015 en in 2016 verower.

Die afrigters is Mnre Pieter Odendaal en James Wheeler.  Oefeninge vind plaas in die tweede- en derde kwartaal op Dinsdae en Donderdae vanaf 14H00 tot 15H00.  Ligawedstryde strek oor drie Saterdae in die derde kwartaal.

By Jukskei, HTS John Vorster, het ons een belangrike reel…(behalwe vir die gewone reëls):

 

GENIET DIT!!!