ATLETIEK

Mr Coenie van Niekerk
Atletiekkoördineerder
012 322 1760/1/2
HTS John Vorster se atletiek het geen bekendstelling nodig in die Moot-omgewing nie. JV-Atletiek se sukses lê in die organisasie en bestuur deur toegewyde en bekwame atletiekkundiges. Onder hierdie bekwame organisasie en bestuur gaan HTS John Vorster se atletiek van krag tot krag. Hier is harde werk en die ontwikkeling van elke atleet die boustene van sukses. Spangees en toewyding word gevorm uit motivering, saamwerk, saamgroei en saamdroom.
HTS John Vorster neem tans deel in die C-liga en ons werk hard om onsself in die A-liga in te presteer.HTS John Vorster spog met ‘n atletiek infrastruktuur en grasbane wat suksesvol verskeie skolevlak byeenkomste kan huisves en het plek vir 1500 toeskouers. Die gronde word met groot kundigheid versorg en beskik oor uitstekende vloedligte wat aand-atletiek moontlik maak.
Die omringende terrein (bv stalletjies, kleedkamers, die skool lapa ens) leen homself daartoe om ‘n atletiek atmosfeer te skep wat terselfdertyd gekomplimenteer word deur van die beste skole-atletiek in die Moot.
JV-Atletiek het reeds verskeie atlete opgelewer wat presteer op Interhoër, Provinsiale, Nasionale en Internasionale vlak.
Johan Scholtz verteenwoordig HTS John Vorster in die wereld kampioenskappe in 2013 en sedert 2013 tot 2016 neem hy ook elke jaar deel in die SA kompetisie waar net die bestes in die land deelneem. Daar is ook verskeie atlete wat ge”cap” is sedert 2017 vir hulle uitmuntende seisoen waar hulle 800 en meer punte op die ABSA tabel behaal het.
Die JV-Atletiek seisoen neem in aanvangs vanaf die eerste skooldag van die jaar tot die voorafbepaalde Interhoër datum en hervat weer in September-maand.
Atletiek Afrigters
Naellope: Coenie van Niekerk en Lize Schwartz
Langafstande: Geen
Diskus: Johan Scholtz
Gewigstoot: Geen
Spiesgooi: Vian Steynen
Hekkies: Cobus Malan en Trevor Smith
Hoogspring: Phillip Klopper
Verspring: Peet van der Westhuizen
Tye
Maandae, Dinsdae en Donderdae vanaf 14:00 – 15:30