Skoollied

 

Waar die heuwelrug skerp teen die

Noorderlug staan;

waar die spoor van ons vaad’re

oor blou rante gaan;

dra ons die vaandel.

Ons sal offer wat jy vra –

ons as seuns van die Suiderland

Suid-Afrika.

Dis die goud uit bodem puur;

betaal met ons offers duur!

Dis die groen van ons velde,

in ons kleure vermelde!

Dis die wit van ons wolke,

ligstraaldolke!

Dis die blou, blou van ons lug.

          Ons hoopvolle toekomsvlug!

 

 

Woorde :    B B Coetzee

Musiek :      J Taljaard