RINGBAL

Me Mandy Joubert

Me Mandy Joubert

Ringbalkoördineerder

sport@htsjv.co.za

012 322 1760/1/2

In samewerking met Gauteng-Noord Ringbal, het HTS John Vorster ‘n nuwe skolesport ingebring vir die vinnige en flink-denkers.  Ringbal is vir die eerste keer in 2016 deel van HTS JV se sport.

 

Harde werk deur dinamiese afrigters is ingesit en die JVs het groot prestasies gelewer.

 

HTS John Vorster se twee netjiese netbalbane reg langs die lapa, word ook vir Ringbal aangewend.  Die bane kan maklik aangepas word vir Ringbal, maar die doelwit is om eie Ringbalbane ook te bou.  Ringbal se baangrootte verskil van netbal s’n, asook die lengte van die doelpaal en die omtrek van die doelring.

 

Die kleedkamers reg langs die fietsloods word ook vir die ringbalspelers gebruik.  Groot planne vir nog bane en pawiljoene word gemaak.  Moenie vergeet van die unieke en pragtige uitsig vir ons besoekers vanaf die boonste rugbyvelde se kant nie… terselfdertyd sorg hierdie prentjie natuurlik vir ‘n unieke JV-gasvryheid.

 

Gedurende Oktober 2016 te Camp Discovery, het 11 leerlinge Gauteng-Noord verteenwoordig tydens ‘n Nasionale Toernooi.   Uitsonderlike prestasies vir die JVs is behaal in die EERSTE JAAR wat JVs aan Ringbal deelgeneem het.

 

Twee nuwe JV Ringbalpelers (Rhyne Murray en Günther Goldschagg) het SA-skolespan kleure verwerf tydens die Nasionale Toernooi in Oktober 2016. Uitnemende prestasies aangesien 2016 hul eerste jaar as Ringbal spelers was.

 

Nog ‘n JV, Christopher Smith, wat ‘n baie ervare speler is, is verkies as ‘n speler en o/15 kaptein vir die SA-uitnodigingspan. Hy word ook gekies as ‘n speler in die o/15 (A2-span) vir die Gauteng-Noord Federasiespan en is in Junie 2017 genooi om proewe te speel vir die o/15-Proteaspanne wat in 2018 oorsee gaan deelneem.

 

Ons is baie trots op hierdie JVs wat nie geskroom het om hul talente te wys nie.

 

Welgedaan JVs!