REDENAARS

Mev Esra Olwage

Mev Esra Olwage

Redenaarskoördineerder

info@htsjv.co.za

012 332 1760/1/2 & 332 3701/2

Waarom redenaars belangrik is….

`n Redenaarstoespraak kan aangepas word deur die spreker om verskillende doelwitte te bereik. `n Toespraak kan oorredend wees, dit kan insiggewende feite oordra en kennis verbreed of dit kan sommer net vermaaklik wees.

Elke toepsraak begin egter op dieselfde punt. Daar moet navorsing gedoen word, die inligting moet gesif word, en dan moet die inligting weer aanmekaar gesit word om `n logiese praatjie, wat in sy doel slaag, te produseer. Dit is verseker ook nie maklik om voor `n groep mense te staan en vir tydperk hulle volle aandag te hou en dan ook hoorbaar, verstaanbaar en oortuigend te wees met jou inligting nie.

Redenaars het dus die voordeel dat dit `n leerder se leierseienskappe, selfvertroue, logiese denke, algemene kennis (en ook taalkennis!), deursettingsvermoë, en sy vermoë om onder druk te kan werk, ontwikkel.

Die Interne Redenaarskompetisie skop af saam met die nuwe skooljaar onder die bekwame hande van Me Antoinette Meyer . Die uitdunrondtes vir die interne redenaars word in Februarie gehou vir beide Afrikaans Huistaal en Engels Eerste Addisionele Taal. Die Interne Redenaarsfinaal is `n spoggeleentheid wat einde Februarie gehou word om die topredenaars van die skool te bepaal.

Die Moot Redenaarskompetisie is `n streekskompetisie waaraan verskeie skole van die omgewing deelneem. Die topredenaars van elke skool neem teen mekaar deel om die kampioenredenaar van die Moot-omgewing te bepaal. Die Moot Redenaars-uitdunne & finaal vind plaas in Maart. Die Moot Redenaarsfinaal is dan ook die einde van die skoolgebaseerde redenaarskompetisies. Daar word egter aan verskeie provinsiale en nasionale kompetisies, wat deur eksterne organiseerders gereël word, deelgeneem.

Verdere kompetisies waaraan JV-sprekers deur die jaar deelneem is:

Oppie Tong Af Redenaarskompetisie in Augustus, Radikale Redenaarskompetisie in Augustus en September en Kansvatter Redenaars in Mei van elke jaar.

INTERNE REDENAARSKOMPETISIE:

UITDUNRONDTE:

Die volgende sprekers het deurgedring na die Interne Redenaarsfinaal op 15 Februarie 2017.

AFRIKAANS JUNIOR: Rikus Rörich, Coenraad Slabber, Lané Smit, Franco Strydom.

AFRIKAANS SENIOR: Rhyne Murray, Elsjé Saayman, Christo Verryne, Dino-Grant Olwage.

ENGELS JUNIOR: Rikus Rörich, Lané Smit, Franco Strydom, Ruan Venter.

ENGELS SENIOR: Rhyne Murray, Elsjé Saayman, Christo Verryne, Dino-Grant Olwage.

FINAAL:

Baie geluk aan die sprekers se prestasies tydens die Interne Redenaarsfinaal.

AFRIKAANS JUNIOR: Lané Smit (1e Plek), Rikus Rörich (2e Plek), Franco Strydom (3e Plek).

AFRIKAANS SENIOR: Dino-Grant Olwage (1e Plek), Elsjé Saayman (2e Plek), Rhyne Murray (3e Plek).

ENGELS JUNIOR: Lané Smit (1e Plek), Franco Strydom (2e Plek), Rikus Rörich (3e Plek).

ENGELS SENIOR: Christo Verryne (1e Plek), Elsjé Saayman (2e Plek), Rhyne Murray (3e Plek).

 

MOOT REDENAARSKOMPETISIE

SEMI-FINAAL:

Die volgende sprekers het deurgedring na die Moot Redenaarsfinaal op 15 Maart 2017

AFRIKAANS JUNIOR: Lané Smit& Rikus Rörich.

AFRIKAANS SENIOR: Elsjé Saayman& Dino-Grant Olwage

ENGELS JUNIOR: Lané Smit & Ruan Venter

ENGELS SENIOR: Elsjé Saayman& Christo Verryne

FINAAL:

Baie geluk aan die sprekers se prestasies tydens die Moot Redenaarsfinaal:

AFRIKAANS JUNIOR:  Lané Smit (1e Plek), Rikus Rörich (2e Plek)

ENGELS JUNIOR: Lané Smit (3e Plek)

ENGELS SENIOR: Elsjé Saayman (3e Plek)