Genuine JV

Die Genuine JV logo sê ALLES van die JVs!

Die woord “Genuine” beteken:

  • Oorspronklik/enig in sy soort: HTS John Vorster bied die gemeenskap iets wat ander skole nie het nie. Met ons unieke vakpakette en Tegnologie studierigtings rus ons leerders toe om eendag n sinvolle bydrae in die samelewing te maak. Die tekort aan technici in die land maak die deure vir JVs wyd oop om hulle plek vol te staan in die samelewing. HTS John Vorster is nie verniet aangewys as die Beste Tegnologiese skool in Gauteng nie.
  • Eg/nie vals: JVs is’ n familie. Soms huil ons saam, maar ons deel ook in mekaar se vreugdes en blywees. Ons lag baie saam en oud JVs en oud JV-onderwysers getuig gereeld dat daar nêrens anders sulke vrienskappe gesmee word soos hier by die JVs nie.
  • Opreg: Ons harte klop warm, ons ondersteun en help mekaar. Na jare uit die skool klop oud-JVs weer aan ons deur om terug te ploeg.
  • Betroubaar/’n staatmaker: Genuine JVs ondersteun mekaar, en is onwrikbaar daar vir mekaar.
  • Sonder voorgee: Tipies kind, is daar altyd tyd om te skets, poetse te bak of grappies te maak, maar leerders en onderwysers staan soos een man saam.
  • Gefokus: Daar is niks wat ‘n Genuine JV kan stuit as ons ons visier op iets ingestel het. Daarvan getuig die trotse prestasies van huidige en vorige JVs.
  • Verbind: n Verbintenis met HTS John Vorster maak elkeen deel van die Genuine JV familie. Ons trotse tradisies het met die jare instellings geword. Elkeen is deel van ‘n groep mense wat ‘n Genuine verskil in mekaar se lewens maak.