KULTUURAKTIWITEITE

Mev Esra Olwage

Mev Esra Olwage

Kultuur koördineerder

info@htsjv.co.za

012 332 1760/1/2 & 332 3701/2

HTS John Vorster spog met ‘n wye verskeidenheid kultuuraktiwiteite waaraan leerders kan deelneem. Op die gebied van redenaars, is die JVs uiters kompeterend en welbekend op plaaslike sowel as nasionale vlak.

 

HTS John Vorster neem ook met groot welslae deel aan kunswedstryd, sangkompetisies, kunstefeeste en skryfkompetisies.

 

Op eie bodem bied die JV-Artklub geleentheid vir jong tekenaars en skilders om hul talent te ontwikkel, terwyl die kultuuraand ‘n glansryke geleentheid is vir spogoptredes!

 

Rhyne Murray presteer uitstekend in 2016 deur A++ sertifikate te verower by die Afrikaanse Kunswedstryd sowel as die Noordekruin kunstefees in beide prosa- en poësie-afdelings. Rhyne is die medaljewenner in gedramatiseerde prosa en wen ook die Engelse afdeling van die nasionale finaal van Oppi Tong Af Redenaars.

 

Dino-Grant Olwage presteer briljant in 2016 by die Afrikaanse Kunswedstryd en verower verskeie A++ sertifikate in beide prosa- en poësie-afdelings. Hy wen in 2016 die Engelse sowel as Afrikaanse afdeling van die nasionale finaal van Oppi Tong Af Redenaars en is ook die nasionale wenner van die Radikale Redenaarsfees se Poësie-afdeling.

 

Elsje Saayman presteer finominaal in 2016 deur deur te dring na die nasionale finaal vir beide die Afrikaanse en Engelse afdelings van die Radikale Redenaarsfees.

 

Kultuurdeelname is deurlopende harde werk wat vereis dat individue hul kultuuraktiwiteite baie ure agter die skerms inoefening.

 

Kontak gerus vir mev Esra Olwage indien jy aan Redenaars of kunsfeeste wil deelneem.