Met die pasafgelope matriekuitslae van 2018 het die JV-onnies weereens bewys van watter staal hulle gemaak is.  Bo en behalwe dat daar in 17 uit die 19 vakke wat by HTS John Vorster aangebied word ‘n 100 persent slaagsyfer was is verskeie van die personeel by die Tshawane-Noord Distrik se prysuitdeling aangewys as beste presteerders in hulle onderskeie vakke.

Personeel wat met die louere weggestap het is van links na regs:

  • Mnr Cobus Malan: Beste gemiddeld in Gauteng Noord Meganiese Tegnologie en 100% slaagsyfer in Meganiese Tegnologie

               

  • Me Rochelle vd Merwe: Ontvang ‘n sertifikaat vir hoogste prestasie in Tshwane -Noord in 2018 in Wiskunde.

Sy ontvang ook ‘n trofee vir bogenoemde prestasie asook die 100% slaagsyfer vir Wiskunde. Ontvang ook ‘n medalje vir die prestasie.

Sy word aangewys as een van die top 9 onderwysers in Tshwane Noord en ontvang ook ‘n trofee daarvoor.

  • Mnr Charl Marais: Beste gemiddeld in Gauteng Noord Elektriese Tegnologie en 100% slaagsyfer in Elektriese Tegnologie

 

  • Me Dalena Breitenbach: Beste vakprestasie in GAUTENG vir Tegniese Wetenskappe.
  • Mnr Christo Du Rand: Beste gemiddeld in Gauteng Noord Siviele Tegnologie en 100% slaagsyfer in Siviele Tegnologie

 

  • Inlas: Mnr Nelius Basson: Ontvang ‘n sertifikaat vir hoogste prestasie in Tshwane -Noord in 2018 in IT (Inligtingstegnologie) asook die tweede beste gemiddeld in GAUTENG.

Hy ontvang ook ‘n trofee vir bogenoemde prestasie asook die 100% slaagsyfer vir IT. Hy ontvang ook ‘n medalje vir die prestasie.

Hy word aangewys as een van die top 9 onderwysers in Tshwane Noord en ontvang ook ‘n trofee daarvoor.