JV-HULPFONDS

Mev Trienie Roos

Mev Trienie Roos

Hulpfondskoördineerder

admin@htsjv.co.za

012 332 1760/1/2 & 332 3701/2

Mev Linda Loubser

Mev Linda Loubser

Hulpfondskoördineerder

ontvangs@htsjv.co.za

012 332 1760/1/2 & 332 3701/2

 

HTS John Vorster help elke jaar ‘n aantal gesinne deur skenkings van  nie-bederfbare kosprodukte,  toiletware, skoonmaakmiddels en ander huishoudelike produkte  aan hierdie gesinne te versprei.

Die fonds maak uitsluitlik staat op skenkings vanaf welwillende JV-Ouers , leerders en die skoolgemeenskap.  Skenkings ontvang bring hoop vir hulpbehoewende gesinne en word oordeelkundig en met die nodige kontrole aan die gemeenskap oorhandig.

Kontant skenkings word gebruik om produkte aan te koop wat dan weer verder versprei word. Kontant skenkings kan by die Finansiële kantoor inbetaal word.

Skenkings kan heeljaar gemaak word deur Mev Trienie Roos of Mev Linda Loubser te kontak.